Sirkel: Tygerberg
Beriggewer: Antoinette le Roux
Datum: 21 Februarie 2014
Op Saterdag, 21 Februarie het Sirkel Tygerberg ‘n werkswinkel gehou om oor die gebruik van die pragtige nuwe VLV-webwerf te leer.
Trolène Erwee, VLVK se nuwe Webmeester, het die bespreking gelei.
Al die takke se webmeesters asook ander belangstellende lede het dit bygewoon.
‘n Lewendige bepreking oor die huidige stand van die webwerf asook dinge wat pla, het gevolg.
Daar was klagtes dat die vorms wat afgelaai kan word in pdf. formaat is en nie elektronies ingevul kan word nie. Trolène het belowe dat alle vorms voortaan in Excel sal wees sodat jy direk daarop kan invul.
Lede is ook gretig dat rekenaarvaardigheid by ouer lede aangemoedig moet word. WhatsApp, Twitter en Instagram moet as moontlike vorms van kommunikasie oorweeg word.
Leave A Comment