Sirkel: Noord-Karoo
Tak: Murraysburg
Portefeulje: Leefstyl
Beriggewer: Mette Kromhout
Datum: 20 Februarie2015
Die VLV het op 20 Februarie saam met die Veldmerinoskou ‘n goed ondersteunde miniskou aangebied. Dit is deur Adrie Conradie en Elana Grobler gereël.
Elma Immelman, Sarie Reynolds, René Theron, Theresa Troskie en Johanna van der Merwe was die beoordelaars. Hulle is bygestaan deur Margaret Booyse, Adri Smit, Alna Theron, Rialene van der Merwe en Miemie van Heerden.
Dertien VLV-lede en sewe nie-lede het deelgeneem en die inskrywings was van hoë gehalte. René Theron se motorfiets uit hout was die mees uitstaande artikel en is met 90% beloon. Maretta Theron het die meeste inskrywings (15) gehad met Adrie Conradie (12) kort op haar hakke. Dit getuig van die dames se veelsydigheid. Adrie Conradie het die meeste punte verower met Susanna van der Merwe en Maretta Theron in die tweede en derde plekke.
Tydens die konferensie te Colesberg het Theresa Troskie se speelpakkie vir ‘n kleuter die eerste prys en haar yskasmagneet en voorskoot tweede plekke verower. Maretta Theron se foto van mense wat lag was tweede in die fotografie-afdeling en Adrie Conradie se kantagtige tienertoppie derde in die afdeling vir breiwerk. Murraysburg is trots op hierdie dames!
Sonder die borge, Mareli Visser, KVB, Polka en Spar, sou daar nie aantreklike pryse gewees het nie. Groot dank en waardering aan hulle!
Daar word baie geleer deur aan kompetisies deel te neem en veral die jonger lede word daartoe aangemoedig.
Leave A Comment