Sirkel:  Paarl

Tak:  Paarl Aand

Portefeulje:  Bestuur

Berriggewer:  Una Engelbrecht

Datum:  19 Februarie 2015

 

 

Elsabé du Plessis, boervrou van Wellington, was die spreker op Paarl Aand se Februarie-vergadering wat deur die bestuur aangebied is. Sy verbou, verwerk en verkoop verskeie produkte soos gedroogde boegoe, Pinotage-, Merlot-, Shiraz- en Cabernetkonfyt, Pinotage-reduksie, Pinotage relish,olyfolie en meer.

 

Sy praat interessant oor hul boegoeboerdery, wat aanvullend tot hul druiweboerdery bedryf word. Elsabé wys op die veelsydige gebruike van olyfolie in die kombuis en badkamer.

 

Lede word ingelig oor die stokkieskwekery op hul plaas. Sy verduidelik die entproses aan die hand van voorbeelde wat sy saamgebring het.

 

 

 

Hester Visagie & Margie du Plessis kuier gesellig saam na   afloop van die vergadering (Custom) (2)