Sirkel: Weskus
Tak: Citrusdal
Portefeulje: Openbare Sake
Beriggewer: Jolien Mouton
Datum: 18 Februarie 2015

Om die maand van liefde te vier, trek die lede iets roois aan.  Alida Maarman word gekies as die besgeklede lid.

 

citrusdal2 (Custom)

 
Elaine Goosen, ‘n padingenieur,  is ons spreker.  Sy werk vir SANRAL.  Hulle’s tans besig op die N7 tussen Citrusdal en Clanwilliam op te knap.  Haw&Inglis is die kontrakteurs wat met die masjinerie werk.  Sy doen die kwaliteitsbeheer en inspeksie.  Daar is 3 projekte geloods.  Die 1ste projek is van Citrusdal tot Algeria-afdraai, 2de van Algeria-afdraai tot Paleisheuwel-afdraai voor Clanwilliam en die 3de is van die Paleisheuwel-afdraai vir 4km tot by Clanwilliam.  1957 is die pad geontwerp om 100km per uur te ry, nou wil hul die pad herontwerp vir 120km per uur.  Vooraf is motors en swaar voertuie getel en daar is geskat wat die druk op die pad gaan wees vir die volgende 20 jaar.  Hul kyk ook na die impak op die omgewing en probeer so min as moontlik grondonteiening doen. Hul kyk ook na die veiligheid van die motoriste/padverbruiker, dreinering, skouers en padreserwes.  Toetse word in labatorium gedoen vir materiaal wat gebruik word soos die sand en grys.  ‘n “Stop ‘n go” mag slegs 4km lank wees.  Skiet van dinamiet word slegs gedoen by harde materiaal wat nie met die hand verwyder kan word nie.  Mense van die omgewing word gebruik vir die werk.  As die projek klaar is, word ‘n eksterne ouditeur gebruik om ‘n omgewingskontrole te doen.  Saadjies word gesaai om grond te rehabiliteer.

 

citrusdal (Custom)

 
Die dames sluit die middag af met ‘n item.  Lede tussen die ouderdom van 50 en 70 sing die liedjie “Daar’s ‘n wind wat waai” en die 2 jongstes speel toneel terwyl die liedjie gesing is.

 

citrusdal3 (Custom)