Sirkel:  Tygerberg
Tak:  Goodwood
Portefeulje:  Landbou en Tuinbou
Beriggewer:  Alet Colyn
Datum:  17 Februarie 2015

 
Mnr. Ken Botes is verbonde aan Whale Mark, ‘n nie-regeringsorganisasie, en is al sedert 1973 betrokke by walvisse.  Hy was ‘n internasionale walviswaarnemer vir 1 jaar en meld dat die getal walvisse jaarliks daal a.g.v. die Japannese wat hulle doodmaak
vir wetenskaplike navorsing en die Noorweërs wat hulle doodmaak op kommersiële vlak.  Walvisse sterf ook onder andere a.g.v.
waterbesoedeling, hartaanvalle a.g.v. die see wat warmer word, parasiete en voedselskaarste.

 

 

goodwood

Ken Botes en Mariaan Brummer, die operasionele bestuurder
van Whale Mark.

 

Die werklike oorsaak waarom so baie walvisse strand, kon nog nooit bepaal word nie.  In 1956 het daar by Kommetjie 400 gestrand en daar strand jaarliks tussen Sept. en Okt. 600 walvisse by Valsbaai.  Hulle het hul eie taal en die klanke kan vêr in die water gehoor word.

 

Daar word binnekort met bouwerk aan ‘n walvisakwarium in Parow begin.  Dit sal groter as die akwarium in die Waterfront wees.  Dit is die
hart van die hoof-toerismeroete en dit beoog om ‘n “groen” gebou te   wees met gesoute kraanwater, wat skoner as die seewater is.

 

goodwood1
Walvisartifakte. Parfuum en vaseline was ook o.a. van
walvisolie gemaak.

 

 

goodwood2

Die Boom van die Jaar: Die Bosvaderlandswilg is aan die lede voorgestel.