Sirkel: Paarl

Tak: Wellington

Portefeulje: Leefstyl

Beriggewer: Juanita Loubser

Datum: 12 Februarie 2015

 

wellington5

 

Februarie mag wel die tweede maand van die jaar wees, maar dit is die maand wat alles gewoonlik op geoliede wiele werk en al die ratte ook weer werk. Die beste maand om jou tak se VLV jaarafskop te hou. Met Valentynsdag op die voorstoep het Renetha Jurgens en die Leefstyl-span ons saal omtower in rooi, ag hoe mooi.

 

wellington1

 

Marlene Wyers het vir die dames ‘n Rooi, Verliefde Valentyns tafel gedek en Lizelle Kotze het gekom met haar Boeresjiek tafel , gedek met outydse skale en spieëltafel spieëls en goud bespuite vrugte.

 

wellington2

 

June Smit het ‘n voorlesing gedoen oor die Formidabele Vroue se Visie      –komies en baie oulik gewees.  Tussen al die vroue, kom vrolik Louwina Brand die oggend op met ligtelike solo items. Sy bespeel trekklavier, klawerbord en die klavier. ‘n Formidabele vrou wat ‘n Visie het om te kan speel. Sy speel op gehoor en nie van bladmusiek nie. Wonderlik wat sy doen met haar vingers op al die drukke.

 

wellington4

 

Juanita Loubser demonstreer pavlova in massa in ‘n japtrap. Anna Pavlova was ‘n bekende ballerina, gebore in 1881 , en in 1924 gaan tree sy op in NZ. Hier is ‘n chef in vervoering oor haar talent en besluit om ‘n meringue basis (pavlova) te maak as haar tutu en is na haar te vernoem. Die geklopte room binne in stel die net onderom haar tutu voor en die kiwivrugte die groen blomme op die rokkie. So word die pavlova gebore en gedoop. Pavlova met neute, sjokolade en vars vye en ook pavlova met vars bessies en grenadellapulp.

 

wellington

 

Om alles te kroon het die tak ‘n rekord aantal inskrywings gehad by die kompetisies en die mark tafel was te klein soos hy gekreun het onder al die vars produkte van die Wamakers Vallei. Almal was sommer lus vir die naweek wat kom.

 

wellington3