Tak: Graafwater
Sirkel: Weskus
Portefeulje: Opvoeding en Kultuur
Beriggewer: Hanli van Zyl
Datum: 3 Februarie 2015
Op Dinsdag 03 Februarie het die VLV dames van Graafwater die Plaas Klipfontein in die Graafwater streek besoek. Na die gepaste opening deur Ronel de Jongh is lief en leed gedeel, ‘n gelukkige trekking gedoen en vriendskapsmunte versamel. Ronel de Jongh het met die dames gedeel hoe om ‘n dood van vriende of kennisse te hanteer en hoe om op te tree om deernis te bewys. Daar is toe raad uitgedeel hoe om gevaar by die woonplek en Alzheimers in die familie te hanteer asook om baie te lag. Lagterapie verseker dat die “voel goed” hormone afgeskei word wat stress help verlig. Daarna die hoogte punt van die besoek…. ‘n besoek aan die plaas museum
Mev Ronel de Jongh verduidelik stap vir stap die nalatenskap van die voorouers en die klippe wat as werktuie gebruik is trek veral baie aandag. Ou porselein, tydskrifte, dames onderklere ens is vertoon en die dames vind dit baie leersaam en interessant.
Na bespreking oor die kongres, konferensie, jaarprogram, finansies, skermete en meer word daar afskeid geneem van Mevrou Marna Lambrecht, wat verhuis en dus die amp van voorsitter neergelê het. Die middag is afgesluit met heerlike koue vrugte en die dames voel verryk deur die “onthou” van die goeie ou dae!
Leave A Comment