Sirkel:  Weskus

Tak:  Velddrif

Portefeulje:  Bestuur

Beriggewer:  Suzaan Wessels

Datum:  28 Januarie 2015

 

 

veldrif

 

 

Die VLV het afgeskop met ‘n interessante loslit vergadering. Tafels is versier uit ouma se kombuis en klomp gaste woon die geleentheid by.

 

 

veldrif1

 

 

Natasha Mouton bespeel ‘n dwarsfluit en Marie Kellerman sing die gedagte van die maand “Om vir mekaar te bid is die beste manier om mekaar lief te hê – Moeder Teresa”.  Cornelia van Dyk gee ‘n boodskap van “leef 2015”.

 

 

veldrif2

 

 

Veldrif se eie Heston Bluminthal, Riëtte Strydom, het die gaste se mond laat water met ‘n kunstige demonstrasie – ‘n nagereg van Belgiese sjokolade.  Sy het met sjokolade op die tafel geskryf en motiewe geteken, Italiaanse meringue gemaak en met vloeibare stikstof sjokolade mousse in stukke laat spat. Lede kon lekker smul en so uitsien na ‘n volgende opwindende vergadering.

 

 

veldrif3