Sirkel: Middelland
Tak: Willowmore
Portefeulje: Gesondheid
Beriggewer: Anneke Lötter
Datum: 27 Januarie 2015
Suzanne Lategan, Elna van Niekerk , Stephanie van Zyl
Dr. Theresa Louw het 8 jaar gepraktiseer in Tasmanië en stel baie belang in ginekologie en kindersorg. Sy gee insiggewende inligting oor die algemene gesondheid van vroue. Sy behandel o.a. menopouse, hoë bloeddruk, diabetes, depressie, kandidiase en borskanker. Sy beklemtoon die noodsaaklikheid van ‘n gesonde leefstyl met korrekte eetgewoontes en gereelde oefening.
Aberdeen Tak woon ook die vergadering by en Stephanie van Zyl, van Aberdeen, toets lede se bloeddruk en suiker. Baie lede is taamlik geskok deur die resultate en besef die noodsaaklikheid om gereeld bloeddruk te laat neem.
Stephanie van Zyl, dr Theresa Louw, Sarie Potgieter, Anneke Lötter
Lede bring toiletware en tydskrifte wat aan die plaaslike hospitaal geskenk word en aan die Matrone, Sarie Potgieter, oorhandig word.
Leave A Comment