Sirkel: Middelland
Tak: Alexandria
Portefeulje: Algemeen
Beriggewer: Dina Erasmus
Datum: 22 Januarie 2015
Januarie 2015! Die eerste ding wat jy moet doen as jy jou drome wil verwesenlik, is om wakker te word. (J.M. Power)
Wat `n belewenis om so `n groot opkoms te sien vir die eerste ledevergadering. Die saal is volgepak met lede en gaste.
Konferensie kompetisie artikels en huiswerk was fluks gedoen.
Sharon bied op `n grafiese manier die samestelling van die Kaaplandse VLV aan die lede voor. Dit is verstommend om te besef hoeveel takke daar in die hele Kaapland is. Asook om weereens te verstaan hoeveel takke in die Middelandse Sirkel is. Alexandria-tak is dus maar `n klein deeltjie van n groot organisasie!
Met die oog op Konferensie word `n tradisionele rangskikking met die tema van “Vintage” of “Ou Wêreldse Sjarme” gedemonstreer. Addisionele inligting rondom tradisionele style word met lede gedeel. Lede vra goeie vrae en word aangemoedig om deel te neem.
Jacqui van Cannon Rocks, `n befaamde dame wat jaarliks by die Grahamstadse Kunste fees haar handgemaakte juwele uitgestal het, deel haar kundigheid met die dames. Die lede gaan in Februarie deelneem aan `n inskrywing, naamlik- “Valentine Show Stopper” wat `n nekversiering is met die oog op Valentynsmaand. Nog `n inskrywing is `n “Moulin Rouge Facinator”, `n versierde haarkam wat die lede in hul hare gaan dra. Almal is vuur en vlam!
Leave A Comment