Sirkel:  Weskus

Tak:  Piketberg

Portefeulje:  Huldeblyk

Beriggewer:  Riana Richter

Datum:  26 November 2014

piketberg 1

 

 

VLV Piketberg neem met mooi herinneringe afskeid van Lettie le Roux, ‘n geliefde erelid wat vir 75 jaar lank lid was van VLV.  Sy is op 26 November 2014 in die ouderdom van 97 jaar op Piketberg oorlede.

 

 

Lettie het in 1939 by VLV Van Rhynsdorp as lid aangesluit.  In 1947 is haar lidmaatskap na Piketberg oorgeplaas.  Sy was ‘n baie lojale VLV lid, ‘n waardige dame met ‘n goeie humorsin, ‘n diep denker en iemand wat besonder welbelese was.  Tot haar onlangse ongesteldheid was sy op hoogte van die gebeure van die dag – met ‘n voorliefde vir sport – en het sy die lewe met oorgawe geniet.

 

 

Sy was ‘n volbloed Piketberger, stigterslid van Piketberg Leeskring en aktiewe lid van die ACVV tak.  Baie sal haar onthou as “koshuismoeder” vir meer as 30 jaar lank, sedert 1953, van die meisieskoshuis,  Leliehof.

 

 

As jonger VLV lid op Piketberg, het sy as tesourier in die bestuur gedien.  Sedert sy ‘n jaar of wat gelede moeilik begin beweeg het, is haar stoel tydens VLV byeenkomste leeg.

 

 

Die lede van VLV Piketberg mis haar. Die dames eer haar lewe en nagedagtenis.