Sirkel: Suid-Ooskus

Tak: Loerie

Beriggewer: Hester Marx

Datum: 20 November 2014

 

 

Le Chameleon op Humansdorp is net die regte plek om totsiens te sê aan 2014.  Dit neem dan ook ‘n volle drie ure vir agttien lede om behoorlik afskeid te neem van die jaar.

 

 

Daar is gesels, gelag, geëet en geskenke uitgeruil. ‘n Genommerde plakker op elkeen se Oktober Huis en Haard sorg vir ‘n geskenk met dieselfde nommer.

 

 

loerie1

Gertina Reynecke  30-jaar kenteken

Joyce Puttergill en Charlo Blignault  25-jaar kentekens

 

 

Twee lede, Charlo Blignault en Joyce Puttergill, ontvang hul 25-jaar kentekens en Gertina Reynecke haar 30-jaar een.  Henry Grobler is Lid van die Jaar. Pryse en trofeë word ook uitgedeel aan die jaar se flukses en vlytiges.

 

 

loerie2

Henry Grobler, Lid van die Jaar, met haar trofee vir hekelwerk

 

 

As afskeid herinner voorsitter Jean Steenkamp die lede aan volgende jaar se konferensie-kompetisies en Elna Burger, sekretaresse, deel resepte uit sodat ons kan oefen gedurende die vakansie.