Sirkel: Kalahari
Tak: Vryburg
Beriggewer: Nellie Viljoen
Datum: 18 November 2014
Vryburg VLV het die jaar se bedrywighede afgesluit in die rustige atmosfeer op Eurika en Hendrik Byleveld se plaas. Lede is beloon vir die jaar se harde werk. Marthie Grobler verower die trofee vir blomme gevorderd terwyl Marietjie Steyn skoonskip maak onder die res van die kompetisies. Die Doris Linde-trofee vir uitmuntende prestasie word aan haar toegeken vir haar prestasies by konferensie en kongres.
Marietjie Steyn ontvang haar trofeë van Retha Bouwer (voorsitter)
Hester Pretorius, Memory Scholtz, Kleintjie Batt, Rika Swart en Marietjie Steyn in gesellige luim tydens die afsluiting
Ora Jordaan, Daline Geere, Arine Bosch, Bertie van Vuuren en Magda van Rensburg het ook die afsluiting bygewoon
Van die gaste was Annatjie Coetzee, Eurika Byleveld, Soekie le Roux, Cecile Brink en Laura Byleveld
Leave A Comment