Sirkel: Kaapstad
Tak: Strand
Portefeulje: Afsluiting en prysuitdeling
Beriggewer: Annemarie Skibbe
Datum: 18 November 2014
Met die jaarlikse prysuitdelings vergadering word daar erkenning gegee aan almal wat deur die jaar hard gewerk het. Daar word jaar knopies toegeken, dankie gesê en lief en leed gedeel waarna die dames heerlik ontspan en uitrus vir die volgende jaar se bedrywighede.
By hierdie vergadering het Arvida Lincoln, 97 jaar oud, haar 70 jaar knopie ontvang. Wat ‘n wonderlike prestasie. Sy het deur die jare meer as haar kant gebring en is ook een van drie erelede van die tak.
Berna van Heerden is nie vêr agter op hierdie pylvak nie en het haar 65 jaar knopie ontvang.
Die algehele wenner, die lid met die meeste algehele punte, is Tollie de Villiers. Sy is egter ongesteld en het haar man, Hekkie de Villiers, die trofee namens haar ontvang. Die trofee is geskenk deur Erna de Waal.
Leave A Comment