Sirkel: Tygerberg
Beriggewer: Antoinette le Roux
Datum: 12 November 2014
Sirkel Tygerberg het sy werksaamhede op ‘n hoë noot afgesluit met ‘n “High Tea” in Gatsby-styl. En wat ‘n vrolike feestelikheid was dit nie!
Caro Ekermans, Sirkel-pres., en Lydia van Reenen
Die 135 dames wat dit bygewoon het, het uitgehang in hul beste 1920’s style, met vere en valletjies, gaasnet kouse,skerppunt skoene en elegante lang handskoene. Ja, selfs ‘n hele paar lang sigarethouers is uit die kas gehaal. Dit was groot pret om na almal se uitrustings te kyk. En die mooi gedekte tafels en keurige eetgoed was uit die boonste rakke.
Maar die nostalgie was nie tot die vere-boas beperk nie. Met sy pragtige stem het Cyril Dicks ons op ‘n lang reis geneem – van “He’ll have to go” tot verby Bles Bridges se “Ruiter van die windjie” en alles tussen-in. Die dames het soms vrolik saamgesing en by die Kaapse liedjies het een lid selfs die flinkste passies uitgehaal – haar 79 jaar ten spyt! Sy mág maar heupswaai!
Maar na ‘n roerende vertolking van “You raise me up” was dit tyd om terug te keer na 2014.
Wat ‘n aangename oggend was dit nie. ‘n Mens wens dat meer dames hierdie soort geselligheid kan beleef en besef dat hulle baie mis as hulle nie lid van die VLV is nie.
Panorama in vrolike luim
Elsebe Swart was die algehele wener
Kobie Swanepoel, Marietjie Albrecht en Karmelie Thiart was van die aanspraakmakers
Leave A Comment