Sirkel:  Noordwes Kaap

Tak:  Prieska

Beriggewer:  Erika Lubbe

Datum:  12 November 2014-11-18

 

Op 12 November het VLV Prieska hul jaarlikse afsluitingsvergadering in die koffiewinkel, Priskab, te Prieska gehou. Die toegang was ʼn bril wat ʼn storie vertel en elkeen moes haar bril se storie deel. Die wenner was die Voorsitter, Corrie Liebenberg, wat heel oorspronklik ʼn verkyker, wat ver en diep kyk, as bril gehad het.

 

 

 

Die trofee vir die Sterlid van die jaar word gedeel deur die Visevoorsitter, Landi de Beer, en die Tesourier, Karen Greyling. Die Voorsitter het die toekenning en oorhandiging gedoen. Hulle het die trofee ontvang op grond van hul deurlopende ondersteuning en bystand aan haar.

 

 

 

Die gasspreker vir die middag was mev. Helene Groenewald, ʼn plaaslike onderwyser, wat oor die VLVK-tema, Vroue met visie, gepraat het. Sy het op ʼn baie interessante en boeiende wyse die doofstom, Helen Keller, en die onverskrokke Openbare Beskermer, Thuli Madonsela, as uitblinkers en vroue met visie bespreek.

 

 

 

Dit was ʼn heerlike en ontspanne middag wat deur almal teenwoordig baie geniet is!

 

 

prieska

Landi de Beer, Visevoorsitter, Corrie Liebenberg, Voorsitter, Karen Greyling, Tesourier