Sirkel:  NOK

Tak:  Jamestown

Portefeulje:  Leefstyl/Kunste & Handvlyt

Beriggewer:  Antoinette van Pletzen

Datum:  12 November  2014

 

 

jamestown1

 

 

Jamestown het vanjaar ‘n “safari”-afsluiting in Aliwal-Noord gehad! Eerstens is Hester Hattingh, wat bekend is vir haar helderkleurige akriel-skilderye, besoek. Sy begin haar skilderye deur van ‘n paletmes gebruik te maak, en later verskeie diktes kwaste.  Al haar skilderye het ‘n lig-aspek.  Lig ná die donker storms. Al haar werke word onderteken met EAG  wat beteken Eer aan God. Sy het ook vertel dat kuns die eerste vorm van kommunikasie is en ‘n kind se kreatiwiteit moet bestuur word en nie onderdruk word nie. Anders ervaar die kind as volwassene frustrasies in die vorm van aggressie, depressie,  ens.

 

 

jamestown3

 

 

jamestown2

 

 

Daarna het die groep na die huis van Debra Venter beweeg, die klein vroutjie wat self nie veel groter is as die pragtige porseleinpoppe wat sy maak nie! Debra kon ongelukkig nie self teenwoordig wees nie, maar haar vriendin Trudie het ons gewys hoe hulle te werk gaan om die poppe te maak, asook die oonde waarin die dele gebak word.

 

 

jamestown

 

 

Die volgende stop was by Marina Steyn om haar pragtige kwiltwerk te bewonder. Sy het ‘n wye verskeidenheid kwilte, van persoonlike stukke waarop die gesin se besonderhede borduur is, tot lappe wat deur vriende gemaak is en dan aanmekaar vasgewerk is. Selfs ‘n stoel waarvan die sitplek deurgesit is, is “reggemaak” deur die gat met omboorsel toe te span. As bonus ontdek die lede toe 3 hoendertjies wat tussen haar mooie kussings op die stoepbank broei!

 

Philna van Pletzen het wenke uitgedeel oor wat om te doen as jou selfoon gesteel word, asook ‘n tabel met planttye vir blomme en groente. Die leersame, interessante dag is afgesluit met ‘n ligte ete in ‘n plaaslike boetiek.