Sirkel: Middelland
Tak: Willowmore
Portefeulje: Leefstyl
Beriggewer: Jackie Barnardt
Datum: 11 November 2014
Willowmore sluit die jaar af in swier by Lapidaria Gastehuis. Jackie Barnardt inspireer die dames om altyd gemotiveerd te bly. Waak teen jou gedagtes woorde en dade. Omring jou met positiewe en inspirerende mense. Almal het ‘n droom nodig, want ‘n vrou sonder ‘n droom is ‘n vrou sonder visie. Leef gesond sodat dit jou energievlakke ‘n hupstoot sal gee. Reik uit na ander en maak ‘n verskil. Jy verdien om gemotiveer te voel om te bereik en te ontvang wat vandag vir jou inhou.
Jackie Barnardt, Nicolene v Jaarsveld en Johanna Kühn ontvang 25 jaar diensknopies.
Bestuur 2015: Jackie Barnardt, Anneke Lötter, Louretta Lötter, Riëtte Fourie, Adriana Theunissen, Hermi Baartman
Kompetisiewenners vir 2014: Rona Nieuwoudt (1ste), Hermi Baartman (2de), Linette Botha (3de)
Leave A Comment