Sirkel: Griekwaland-Wes
Tak: Campbell
Beriggewer: Santie van Eck
Datum: 7 November 2014
Ann van der Merwe: 24 Julie –7 Nov 2014
Dit was met hartseer wat die Campbell gemeenskap verneem het van die dood van Ann van der Merwe. Sy het nie net as sekretaresse n groot rol in die VLV gespeel nie, maar as deel van ons klein gemeenskap verloor ons almal ook n goeie vriendin wat altyd sou help waar sy kon.
Ann het n positiewe ingesteldheid gehad wat vir enige iets kans gesien het. Sy was n boervrou in murg en been. Ann jou stoel is leeg aan ons tafel , mag jou sitplek waar jy nou is hemels wees, ons mis jou.
VLV Campbell
Leave A Comment