Sirkel: Worcester
Tak: Maria Stofberg
Beriggewer: Susan Engelbrecht
Datum: 6 November 2014
VLV-Maria Stofberg het hulle afsluitingsfunksie by KWV se ou-proelokaal gehou. Met die lokaal, wat in ‘n bistro omskep is, het die lede ‘n heerlike laat ontbyt genuttig.
Die prysuitdeling is elke jaar se hoogtepunt. Nellie Crafford (middel) is die algehele wenner van die kompetisies vir 2014. Sy het nie net die meeste inskrywings nl. 21 deur die jaar verwerf nie, maar ook die meeste punte, 1632, behaal. Magriet van der Merwe het die tweede meeste punte, 849, en Gerda van der Vyver (regs) het die derde meeste punte, 714, behaal.
Die lede wat nuwe lede werf, word ook beloon. Hier ontvang Alta Britz ‘n plant van die voorsitter, Hettie Stander, vir die twee lede wat sy gewerf het.
Ook die nuwe lede kry ‘n beloning. Amanda Van Zyl (links) ontvang haar plant.
Leave A Comment