Sirkel: Tygerberg
Tak: Kuilsrivier
Portefeulje: Potpourie (Kuns, Opvoeding, Gesondheid)
Beriggewer: Elmine Möller
Datum: 5 November 2014
Tydens die Kuilsrivier se Algemene Vergadering op 5 November 2014, is die dames vermaak deur Mnre. Fred v.d. Vyver op die banjo, Hannes Keyser op die trekklavier en Francois Keyser op die kitaar met heerlike boeremusiek, wat sommer almal se voete laat jeuk het.
Hulle het almal in ‘n vrolike stemming gebring met nommertjies soos die Kalfie Wals.
Daarna was die spreker van die oggend, Stella Opperman van Ramot Rehabilitasiesentrum in Parow, aan die beurt.
Sy het aan die dames vertel dat pasiënte met verskillende verslawings by Ramot behandel word, bv. alkohol- dwelm-, dobbel- en verskeie ander verslawngs.
Hulle poog om die pasiënte se verblyf so aangenaam moontlik te maak tydens hulle rehabilitasie.
Mev. Anette van Aarde het die vergadering afgesluit deur te vertel van haar VLV-roos wat so pragtig blom en het die roosknoppe vergelyk met die verskillende stadiums in ‘n vrou se lewe: Die toe roosknoppie is die jong ontluikende vrou, die oop roos is die vrou in haar middeljare, maar nog steeds pragtig en die dooie roos is wanneer ons af en moedeloos voel. Niemand wil so voel nie en ons verwyder maar liewer die dooie roos.
Leave A Comment