Sirkel:  Weskus

Tak:  Moorreesburg

Beriggewer:  Martelize Britz

Datum:  4 November 2014

 

Die lede het in die vergadering van 4 November verskeie interessante feite en voorbeelde geleer en gesien.

 

morreesburg

 

Eerstens het Chantelle du Toit, die apteker op die dorp gepraat oor die basiese noodhulp tassie vir huishoudelike gebruik.  Sy het ook genoem dat daar nou ‘n suster op sekere dae beskikbaar is in die apteek vir toetse bv. bloeddruk – , cholesterol – en suikertoetse.

 

Theo Strydom het die dames kom vertel van al die nuwe besighede en veranderings in die dorp.

 

Ina Basson het gepraat oor tatting/knoopkant.  Sy het vir die dames  voorbeelde van kant, skinkbordlapies ens. gewys.

 

Tossie Prins het verduidelik hoe om “sement materiaal “ potte te maak.

 

Martie du Plooy het die dames meer van herwinning kom leer.  Soos om polistereen bakkies  stukkend te breek en in lampolie /vuurgel te druk vir aansteek by vuur.  Ook koerantbolle en teesakkies in lampolie is goeie vuuraanstekers.

 

Laastens was dit die voorsitster, Denis Bester, se beurt en sy het vir die dames  “shrinking plastic” kom demonstreer.  Sekere plastiek  krimp wanneer blootgestel aan hitte.  ‘n Mens versamel plastiek op groot maat en krimp dit dan.  Dit word in “scrapbooking”, knope, kaartjies ens. gebruik.

 

Dus ‘n baie leersame en interessante vergadering!