Tak: Victoria-Wes
Sirkel: Noord-Karoo
Datum: 31 Oktober
Beriggewer: Elize Perrin
Ivonne Gentle van Britstown by haar stalletjie
Die VLV se jaarlikse Kersmark is op Vrydag, 31 Oktober, aangebied. Behalwe vir tuisgebak is onder andere verskeie handwerkartikels, erdeware met slagspreuke op, kersversierings en strooikussings uitgestal. Dames vanaf Richmond en Britstown het die jaar ook hul ware ten toon kom stel. Soos altyd was die dames baie vindingryk. Engeltjies van ou psalm- en gesangeboeke gaan oor die Kerstyd menige huis versier. Dit bly ook altyd interessant om te sien wat die dames alles met wol en ‘n stukkie lap kan optower.
Nadia en DJ Muller saam met Nohline en Wimpie Grobler
Dieselfde aand is ‘n Lofprysingsgeleentheid aangebied. Dit is in samewerking met die Getuienis kommissie van die NG kerk gereël en al die dorp se inwoners is daarheen uitgenooi. Nohline Grobler, wat vroeër die jaar tydens die skou opgetree het, was weer agter die mikrofoon. Sy het intussen ‘n sangmaat , DJ Muller ,bygekry wat soms saam met haar optree. Genoemde twee het nie net ‘n konsert gehou nie; die gehoor is ook betrek.
Diegene teenwoordig kon beslis met pitkos vir die siel huiswaarts keer.
Leave A Comment