Sirkel:  Middelland

Tak:  Willowmore

Portefeulje:  Gesondheid

Beriggewer:  Hertmi Baartman

Datum:     21 Oktober 2014

 

 

Willowmore het ‘n baie geslaagde geleentheid gereël om fondse in te samel vir KANSA en om mense bewus te maak van borskanker. Deelnemers wat geregistreer het ontvang ‘n KANSA boekmerk, water en ysies vir die kinders.

 

 

willowmore1

 

 

Die deelnemers kon kies om 1km of 5km voet te slaan. Selfs ‘n paar entoesiastiese viervoetiges het hulle bydrae gelewer.

 

 

willowmore2

 

 

Daar het ‘n gemoedelike maar kompeterende gees geheers en ‘n paar seuns het gewys waar Dawid die wortels gegrawe het! Hulle het omtrent die hele vyf kilometer gehardloop.

 

 

willowmore              willowmore3