Sirkel: Kalahari
Tak: Vryburg
Portefeulje: Kuns en Handvlyt
Beriggewer: Nellie Viljoen
Datum: 21 Oktober 2014
Vryburg VLV was bevoorreg om besoek te ontvang van Lezelda de Klerk. Sy is gebore met phocomelia wat gekenmerk word deur die afwesigheid of misvorming van ledemate. Sy het geen arms nie, slegs onderbene en vier tone aan elke voet. Met haar postuur van net oor ‘n meter is daar baie uitdagings maar sy pak alles aan met entoesiasme.
Met Lezelda se geboorte het dokters gewonder of haar sig en gehoor normaal sal ontwikkel, maar haar ma was vasberade om haar potensiaal te ontwikkel. As kleuter het sy geleer om vuurhoutjies van die vloer op te tel en vandag kan sy eet, skryf en haarself grimeer met haar voete. Sy kan ook skryf en skilder met haar mond. Lezelda het aan Hope Home, ‘n skool vir ligaamlik gestremdes gematrikuleer waar sy ook hoofmeisie was. Hoewel sy nie kuns as vak gehad het nie, het sy na skool kuns aan ‘n technikon en kunsskool studeer. Sy werk in olie-, water en akrielverf en spesialiseer in stillewes en natuurtonele. Sy is sedert 1989 lid van die Vereniging van mond- en voetskilders en het reeds talle uitstallings gehou. Lezelda ly ook aan bipolêre depressie en vind ‘n uitlaatklep in haar kuns.
Retha Bouwer het voorbeelde van kerskranse en rame uitgestal en Carien van den Berg, president van Sirkel Kalahari, het lede begeester vir die toekoms.
Leave A Comment