Sirkel:  Tygerberg
Tak:  Goodwood
Portefeulje:  Naaldwerk
Beriggewer:  Alet Colyn
Datum:  21 Oktober 2014

 

 
Dis heerlike lente en Goodwood vier Kersfees met naald en gare.  Truda
Swart het met die hulp van ander VLV-naaldwerksters die vergaderlokaal
in ‘n laslappie-borduur-masjienwerk sprokie omskep.  Elke lid het ‘n
“kit” met lap, naald en gare ontvang en Truda het gedemonstreer hoe om
‘n kersversiering met koekarretjies te maak.

 

 
Ons sameroeper, Magdeleen en al haar helpers het gesorg dat die
teetafel vol koekstruif was – ‘n tipiese Lentekersfees vol mooi dinge!

 

 

goodwood
Links is Magdeleen Joubert (sameroeper) en Truda Swart