Sirkel:  Middelland

Beriggewer:  Hermi Baartman

Datum:  18 Oktober 2014

 

 

 

Op Saterdag 18 Oktober 2014 het VLV lede van Sirkel Middelland, –  Jansenville, Graaff-Reinet, Aberdeen, Steytlerville en Willowmore –   van  heinde en verre gereis om die Intertak byeenkoms op Jansenville by te woon. Almal ( die teenoorgestelde geslag was redelik goed verteenwoordig) het die program terdeë geniet.

 

 

Charl, mode-ghoeroe van Truworths, het voorbeelde van die heel jongste somer-modeneigings vertoon.   Lindi Turton het ‘n insiggewende wyn-proe aangebied en Kokkedoor Jay Oelofse het die gehoor met heerlike bokvleis-geregte en resepte trakteer.

 

 

Kompetisie-items is beoordeel en Willowmore VLV tak het met die gesogte trofee huiswaarts gekeer.

 

 

???????????????????????????????????????????????????????????????????????????????????????????????????????????????