Sirkel:  Weskus

Tak:  Piketberg

Portefeulje:  Leefstyl

Beriggewer:  Riana Richter

Datum:  16 Oktober 2014

 

 

piketberg2

Frannie Botha links en Martie du Plooy

 

 

Martie du Plooy, VLV lid van Moorreesburg, het  Piketberg lede nie net stomgeslaan met wat sy alles vermag nie, maar ook vele gemotiveer deur haar uitstalling en ‘n praatjie oor laslap- en kwiltwerk.  Martie is gebore en getoë in die Vrystaat.  Sy is haar skoonma, wat haar 15 jaar gelede by VLU laat aansluit het, ewig dankbaar.

 

 

Die oudste kwilt dateer uit die laat 1800’s. Kwiltwerk het oorspronklik in Europa en Egipte begin en met migrasie van die Amish oorgespoel na Amerika.

 

 

Materiaal was skaars en geen lap is gemors nie.  In eenvoudige huise was ‘n kwilt die enigste versiering.

 

 

piketberg3

VLV lede Jacky Ferguson en Alta Vos

 

 

“Quilt” is van die Franse woord, Cuilte, afgelei, wat matras beteken.

 

 

Daar is nagenoeg 21 miljoen kwilters in die VSA.

 

 

Paducah, Kentucky, staan bekend as die kwilt hoofstad waar die oudste kwilt in die kwilt museum bewaar word.

 

 

Die grootste kwilt , 200m x 170m, is in Junie 2000 in Portugal gemaak.

 

 

piketberg4

Lede het ook geleer en is nie met leë hande huis toe nie

 

 

Martie se motto is:  “Leef jou passie uit – die lewe is te kort om nie te doen waarvan jy hou nie”

 

 

Piketberg

 

 

 

piketberg1

 

 

“Friends are like quilts, they never lose their warmth”

“When life gives you scraps, make a quilt”

“A clean house is the sign of a broken sewing machine”

“You were created limitless.  There is nothing you cannot achieve”