Sirkel:    Paarl

Beriggewer: Annalise Loubser

Datum: 15 Oktober 2014

 

 

 

‘n Saal gepak met dames het aan Marinda Engelbrecht, Kokkedoor-deelnemer, met haar lipstiek en humor, se lippe gehang en die Intertak geniet!

 

 

So met die intrapslag nooi sy almal uit om lipstiek aan te sit, want haar ma het gesê dat daar ‘geen verskoning vir ‘n vaal vrou is nie’. ‘n Klomp vroue so saam is ‘powerfull’ – of dit by ‘n leesklub is,  saam sit en kwilt of saam by so ‘n fleurige geleentheid.

 

‘n Praktiese demonstrasie is onmoontlik en toe deel sy 3 resepte met ons nl:

** roomys met 2 bestanddele (sny piesangs in ringetjies, vries dit en gebruik wanneer nodig – Plaas klompie in voedselverwerker – dit raak romerig – en voeg paar lepels grondboontjiebotter by of heuning of Nutela of eet dit net so.),

**Vinnige skons met 1 x 500g bruismeel + knippie sout + 1 x 250ml room + 1 blikkie Sprite Zero. Roer en vul 12 muffinholtes. Bak. Dit rys baie hoog en groot!

**Maak koekie basis van gemmerkoekies of Tennis koekies vir tert. Smelt 4 groot ‘slabs’ met neute in. Roer 1 houer room in en gooi in kors. Vries (hierdie tert kan tot 6 maande gevries word).

 

 

paarl intertak

Marinda Engelbrecht, Lillibeth Slabber (Leefstyl saamroeper) , Marinda Rall (Sirkel president), Geesjé, Mia Louw (voorsitter Malmesbury)

 

 

In haar praatjie oor ‘wat vandag anders is as toe ons Ma’s jonk was’, raak sy die volgende aan:

  1. Wat steel ons lag deesdae? Ons is nie meer so prettig nie. Ons verloor dit tussen kinders, man, werk en gejaag. Ons moet die drie F’s onthou: Foute, Feilbaar, Flaters – ons is net mense met krakies (die lig straal daardeur!). Om mooi gebore te wees, is in die gene en ons het niks daarmee te doen nie, maar om pragtig te wees, is iets wat van binne kom en daaraan kan ons iets doen!!

Omring jou met mense wat jou goed laat voel. Laat ander ook goed voel veral met jou gesigsuitdrukking, want dit weerspieël jou binnekant. Kontroleer jou binnepraatjies.

Jaloesie is tydmors! Hou op om jouself altyd te vergelyk met ander.

Bly nederig. Vergeet van “Wat ry jy? Wat kry jy? Waar bly jy?”

Ek mag ander bewonder, maar sonder om te begeer.

Spaar energie deur positief te wees.

 

 

  1. Wanneer het jy laas hard in jou huis gelag? Die ma se gesindheid bepaal die atmosfeer in die huis, amper soos ‘n sambreel wat dit oordek.

Moenie dat iemand jou smile van jou gesig neem nie.

Maar wat verskaf dan vir haar plesier in die lewe en wat nie baie kos nie?

Lapservette, vars pesto, vars brood, mooi skoene (sjokolade vir die voete), vuur wat knetter, skoon lakens, uitsig oor die see, kerse wat brand in die huis en lesbes, die sit en rondkyk op ‘n lughawe!

 

 

  1. Gee aandag aan die huwelik. Dis net genade om die regte man te kry en toewyding om die regte vrou vir jou man te wees. Geniet die reis saam met jou ‘toermaat’, want sal ons saam die bestemming bereik? Kyk na jou man met ‘n sagte oog, want dit is wat jy van hom wil hê.

 

 

  1. Maak vrede met die ouderdom! en die gewig! Ander goed is belangriker.

Be a 1st rate version of yourself, not a 2nd rate version of someone else.

 

 

paarl intertak4

Geesjé Raubenheimer het met haar item/storie van die mense van die Bo-Kaap al die dames se aandag gehad asook gesorg vir ligte oomblikke.

 

 

paarl intertak3

Lizette van P&P het aan elke gas ‘n pakkie verpakte varsgroente oorhandig. Sy het die etikette ook volledig verduidelik.

 

 

Van Maggie Steyn het ons gehoor om “Never give up your dreams”. Sy bak ‘rusks’ vir P&P en Spar en skenk een maal per maand daarvan vir sypaadjie slapers. Die gaste was ook bevoorreg om ‘n proestuk te kry.

 

 

Ons vertrek na ons onderskeie dorpe met soveel ekstra lagplooitjies, ‘n geskenksak en baie om oor na te dink. Volgende jaar maak ons weer so om as takke op ‘n gesonde manier te kompeteer.

paarl intertak2

Henriëtte Smit (beoordelaar), Hester Smit van Suider-Paarltak as wenner van die  Intertakbeker en Mia Louw (voorsitter gasvroutak)

 

 

Gaan loer by Marinda se blog http://marindakook.com/