Tak:  Caledon
Portefeulje:  Landbou
Beriggewer:  Yvonne Pretorius
Datum:  8 Oktober 2014

 

 

Caledon

 
15 Dames van die Caledon VLV tak het Fynbloem, die plaas van Mnr Beyers,  naby Riviersonderend besoek. Daar word speldekussings, proteas en ander fynbos verpak en na Europa en Engeland versend.  Die fynbos projek het in 2009 begin.  Die plaas is 100 hektar groot waarvan 88 hektar reeds beplant is.  Dit neem ongeveer  20 tot 25 jaar voor  nuwe aanplantings benodig word.

 

 
Caledon2
Blomme reg vir skoonmaak en verpakking

 

 

Blomme word ook aangekoop vanaf George en die Weskus.

 

 
Caledon3

Speldekusings in hierdie groen bakke was gedoop in ‘n  middel om hulle teen fungus te beskerm en word dan gesorteer en in emmers water gepak.

 

 

Vir uitvoer doeleindes kan blomme   of in rangskikking vorm verpak word of soos die engelse benaming “straight pack” wanneer  slegs een soort blom per karton houer gepak word.  Selfs die karton houers word behandel voor gebruik.  Fynbos groei in die hitte maar sodra hulle gepluk word is die blomme baie sensitief vir temperatuur verskille.  Daar is ‘n spesiale afdeling waar blomme in water geplaas word om te toets hoe lank hulle hou nadat hulle gepluk is.

 

 

 

Caledon4

 

 

Die skoonmaak, sortering en verpakking van die blomme is baie arbeidsintensief.  Personeel word daagliks gehaal vanaf Riviersonderend en Genadendal en kry ook die nodige klerasie soos musse en warm jasse.  Die Riviersonderend berge het toevallig die vorige aand weer sneeu gekry en het redelik wit gelê.

 

 
Caledon5

 

 

Caledon6
Tonnel waardeer plante gestuur word om seker te maak daar is geen
insekte op die blomme.

 

 

Die uitvoer van blomme is onderhewig aan baie
streng vereistes.

 

 
Daar is ‘n spesiale afdeling met kleurkaarte wat beskikbaar gestel word aan oorsese kopers sodat hulle die ruikers se kleure kan kies soos byvoorbeeld baie skakerings van geel vir somer of meer rooi skakerings vir winter.

 

 
Die besoek was afgesluit met heerlike koffie en koeksisters gebak deur Caledon se baas koeksister bakker en Voorsitter van die Caledon VLV tak naamlik Retha Skein.