Sirkel: Worcester
Tak: Bonnievale
Beriggewer: Gesina de Wet
Datum: 3 Oktober 2014
Bonnievale tak is betrokke by die gemeenskap!
Die blikke is toegeverf en versier, die beertjies gestik, gestop en gestrik, al honderd van hulle.
Op Vrydag 3 Oktober het die Langeberg Munisipaliteit se mobile kliniekdiens, wat op die plase werk, ‘n Ma en kind dag op die plaas Lusern gehou. Daar was ‘n groot aantal kinders van geboorte tot 5 jaar. Gesina en Helen de Wet het die VLV verteenwoordig en ook as beoordelaars opgetree in die babakompetisie. Na ‘n oggend van pret, sang en saam eet, is die wenners in die verskillende kategorië aangewys en pryse oorhandig. Elke ma het ook ‘n blik, vol gepak deur donateurs, en ‘n beertjie ontvang.
Dit was weereens lekker om as organisasie by die gemeenskap betrokke te wees en ook om as lede saam aan ‘n projek te week.
Leave A Comment