Tak: Maria Stofberg

Sirkel: Worcester

Portefeulje: Landbou en Tuinbou

Verslaggewer: Susan Engelbrecht

Datum: 2 Oktober 2014

 

 

maria stofberg1

 

 

Maria Stofberg was so gelukkig om beide die sirkel president, Sunette de Villiers, en die vise-president, Senerita van der Walt, by die Landbou vergadering te kon ontvang. Dit was die inter tak vergadering saam met Worcester-tak en saam met lede van dié tak  is daar gesellig gekuier.

 

 

maria stofberg2

 

 

maria stofberg3

 

 

mariastofberg4

 

 

Sarie Wolmarans, sameroeper van Landbou en Tuinbou het ons op ‘n reis deur die wingerde geneem van oestyd, parstyd tot by die bottelering van die wyn. Met die nuutste meganisasie word baie probleme met arbeid uitgeskakel, want so ‘n groot masjien kan van snoeier tot spuit tot plukker verander deur net die “kop” te vervang.  D.m.v. ‘n video  het die  lede  die hele proses van die meting van die suikergehalte by die kelder, die skoonmaakproses van die korrels  en die bottelering saam met Sarie beleef. Die verskillende siektes nl. dopluis, witroes en mealiebug word uitgelig.  Wit wyne: Sauvignon Blanc, Colombar, Chenin Blanc. Rooi wyne: Cabernet Sauvignon, Pinotage, Metlot, Shiraz. Soet wyne: Hanepoot en Muskadel.

 

 

maria stofberg4

 

 

Doloris Needham, organiseerder van die projek wat rolstoele aan behoeftiges voorsien, het brood knippies, wat deur die lede ingesamel is, in ontvangs geneem. Sy het alreeds 45 rolstoele aan gestremdes oorhandig.

 

 

maria stofberg5

 

 

maria stofberg 6

 

 

Peter Fortuin van Association for People with Disabilities, moedig die lede aan om meer betrokke te raak by herwinning. Werksgeleenthede is geskep vir persone met veelvuldige gestremdhede by die organisasie se terrein. Daar is ‘n bewaarskool vir veelvuldige -gestremde kinders, asook ‘n wassery waar hulle die publiek bedien.