Sirkel: Weskus
Tak: Piketberg
Portefeulje: Landbou en Tuinbou
Beriggewer: Riana Richter
Datum: 25 September 2014
 piketberg2
Van links verskyn Chris Richter (PLV lid), gelukkige wenner van die lootjietrekking, by Marlize en Daniel Rossouw, organiseerders van die geleentheid.

 

Met ABSA AgriBesigheid as borg, ‘n groot skenking van Liebco Vleishandelaars,  en samewerking tussen Piketberg Landbouvereniging  en VLV Piketberg, is ‘n leersame aand gesellig afgesluit met ‘n biefstuk ete  by De Berge Gastehuis op Piketberg.

 

 

Vir die wat saam met Andries Liebenberg ,eienaar van Liebco, opgegroei het, is herinneringe opgeroep toe hy vertel van sy wedervaringe as seun, student en jong man in die jare van die destydse Liebenberg Slagtery, vandag Liebco met 82 mense in diens.

 

 

piketberg

Andries Liebenberg (eienaar Liebco) help mes slyp terwyl Albert de Jager (blokman by Liebco) besig is om die bees se agterkwart op te sny.

 

 

Albert de Jager, professionele blokman by Liebco, ‘n dinamiese persoon en baie behendig met ‘n skerp mes, het die agterkwart van ‘n bees opgesny en onder meer ‘n varknek, skaaprib en –blad ontbeen.  Hy is ‘n man wat hou van ‘n uitdaging en het die skaapboud in minder as twee minute perfek ontbeen!

 

 

Opgesnyde en ontbeende snitte is opgeveil en ‘n halwe skaap se verwerkte vleis vir ‘n gelukkige lootjietrekking aangebied.

 

 

Die geleentheid is geinisieer en georganiseer deur Daniël en Marlize Rossouw, onderskeidelik PLV Bestuurslid en VLV sameroeper van Landbou en Tuinbou.

 

 

‘n Soortgelyke gesellige geleentheid wat getuig van samewerking tussen genoemde verenigings, het twee jaar gelede plaasgevind en word as ‘n instelling in Piketberg beplan.

 

 

piketberg3

Van links verskyn Daniel en Marlize Rossouw (organiseerders), Nicoline Brown (VLV voorsitter), Albert de Jager (blokman by Liebco), Christa Myburgh (Verhoudingsbestuurder ABSA Besigheidsbank en VLV bestuurslid),  Petri Maass (Landbou-ekonoom ABSA),  Andries Liebenberg (eienaar Liebco), Hennie Visser (PLV voorsitter) en Marius Watney (Verhoudingsbestuurder ABSA Besigheidsbank).