Sirkel:  Weskus

Beriggewer: Nicoline Brown

Datum:  17 September

 

 

weskus sirkel2

 

 

Die Weskus sirkel vergadering is gehou in Aurora skousaal.  Tydens die opening ontvang elke tak-voorsitter en ander lede ‘n kers met blommetjies, veer + doring daaraan vasgemaak.

Die simboliek daaraan word soos volg verduidelik:-

Veer : Jou droom vir jouself, jou huwelik, jou kinders + VLV

Blommetjies: Elkeen is mooi en uniek voor God

Dorings: Op pad na drome is daar soms dorings, werk daardeur

Kers:  Steek jou kers aan en kniel in gebed voor God – raak stil

 

 

weskus sirkel

 

 

Die tema van die vergadering was, ons kuier in Italië.  Elcia de Foglio en haar seun Damin het ‘n demonstrasie gedoen oor hoe om jou eie pasta te maak.  Elcia lig ook die verskillende kossoorte wat eie is aan Italië uit, bv. pizzas en pasta, wat met elke ete bedien word.  ‘n Voorbeeld van ‘n spyskaart by ‘n troue word ook genoem.

Die volgende bestanddele word benodig vir die pasta:-

100g meel (per persoon) en 1 eier met bietjie sout, wat jy in die holte van die meel in oopbreek.

Die deeg word bietjie geknie tot elasties en gerus.  Daarna word dit deur die pasta-masjien gesit en in repies gesny.

Bestrooi met meel en droog bietjie uit.  Kook in kookwater met bietjie olie vir ongeveer 2 minute.

 

 

weskus sirkel 4

 

 

Heerlike pasta-gereg en slaai word bedien.

Tafels is ook met versier met verskillende pastas in glasflesse en “woestynrosies”

 

 

weskus sirkel3

 

 

Sirkel Weskus word gemotiveer om “Vroue met Visie” te wees en ontvang ook inligting oor hoe om ‘n dinamiese leier te wees.

 

i