Sirkel: Namakwaland
Tak: Hantam
Portefeulje: Huis & Haard
Beriggewer: Janine Brynard
Datum: 12 September 2014
Tydens Hantam VLV se vergadering, het lede toekennings ontvang vir besonderse mylpale behaal.
Kirsten Fourie, Ilzna van Schalkwyk en Aneen Nel ontvang 5 jaar-kentekens en Adolene Nel ontvang ‘n 35 jaar-kenteken. Vanjaar het die tak ook ‘n besonderse mylpaal-lidmaatskap gehad, met ‘n ere-lid, Margaretha van Eeden, wat haar 60 jarige-kenteken sou ontvang. Hierdie merkwaardige vriendin is egter ongelukkig vroeër vanjaar op die ouderdom van 93 oorlede. Haar dogter, Retha de Waal, het namens haar moeder die kenteken ontvang.
Op die foto, van links is Janine Brynard, voorsitter van Hantam VLV, Ilizna van Schalkwyk, Adolene Nel en Retha de Waal. Kirsten Fourie en Aneen Nel, was afwesig.
Leave A Comment