Sirkel: Weskus
Tak: Velddrif
Portjefeulje: Kuns en Handvlyt
Beriggewer: Marie Malan
Datum: 10 September 2014
Angeli de Kock het ‘n interessante demonstrasie deur Dottie van Zyl tydens die Kuns en Handvlyt vergadering gereël. Dottie is van Creative Divas, ‘n handwerk winkel, op Laaiplek. Handwerkliefhebbers was gefassineer deur metodes om ontwerpe van papier op ander stowwe, soos bv ‘n koffiebeker, oor te dra. Wat ‘n oulike geskenk is so ‘n beker met die foto van ‘n geliefde kleinkind.
Dottie het ‘n foto van ‘n skildery met ‘n soort fotostaatmasjien op ‘n teël oorgedra. Met hierdie teël kan iets baie moois gemaak word, bv ‘n teepot staander. Sy het ook met ‘n ander masjientjie gewys om ‘n ontwerp op ‘n lapelknopie vas te sit. So ‘n lapelknopie kan bv gebruik word as servetring of om jou serp uniek vas te bind. Ons gaan hierdie lente in vol nuwe idees.
Leave A Comment