Sirkel: Noord Karoo
Tak: De Aar
Portefeulje: Opvoeding
Berriggewer: Patty van den Heever
Datum: 9 September 2014
Die VLV het onlangs die sentrum net buite die dorp besoek waar kinders, tussen die ouderdomme van 14 en 20 jr, verhoor afwagtend is. Die naam Bosasa beteken: Die toekoms.
Die besoek is vooraf gereel. Hul is dus baie vriendelik in die groot banketsaal ontvang waar die hoof, mnr Robbie Schambaua, hul meer vertel het van die opset. Net 51 word by De Aar se tak toegelaat, omdat dit so n gepesialiseerde veld is. Die uitdaging vir die personeel is baie groot. Hul moet geestelik sterk wees, want hier help fisiese sterkte niks nie. Disipline word toegepas deur voorregte weg te neem.
Daar is ‘n dag en ‘n nag skof. Snags moet die verpleegster elke halfuur deur die sale gaan.
Die kinders word in twee groepe verdeel sodat die groepe nie te groot is nie. Hulle leer van lewensvaardighede, syfers, spyseniering, rekenaars, houtwerk en opvoeding.
Die dames is deur die gebou vergesel waar hul die klaskamers en slaapeenhede kon besigtig. Die kinders was op daardie staduim nie met klaswerk besig en mnr Schambaua het hul in twee rye laat staan om hul ordelikheid te wys.
Dit was n uiters waardevolle uitstappie. Die netheid van die plek het baie beindruk. Die personeel is baie vriendelik en dit klink of hul baie hard in soms moeilike omstandighed werk.
Teen die muur is n geraamde opskrif met die volgende woorde: “Ek is die jeug met n toekoms en n identiteit. My voetspore loop uit die verlede die toekoms in. Geplant in vrugbare grond bring ek hoop vir die toekoms.”
Leave A Comment