Sirkel: Worcester
Tak: Maria Stofberg
Portefeulje: Leefstyl
Berriggewer: Susan Engelbrecht
Datum: 4 September 2014
Hettie Stander open die vergadering deur die blaadjie “Die Vrou by die put”, wat by die kongres uitgedeel is, te lees. Op 24 September 2014 is VLV-tak Maria Stofberg 58 jaar oud. Op Maandagmiddag 24 September 1956 is die tak deur Maria Stofberg gestig. Om dit te herdenk het die voorsitter ‘n kers aangesteek om die dame te eer.
Nadat Peter van Dyk, ‘n baie veelsydige persoon , aan die dames voorgestel is, het hy die lede weer opnuut van tafel etiket en onthaal geleer. Nooi gaste wat gesellig met mekaar kan verkeer en moet nooit nuwe resepte op gaste beproef nie. Gebruik tafelversierings en eetgerei wat by die geleentheid pas. Deesdae kan jy enige houer in die huis , asook enige blom of groente bv. rooi uie, seldery of ‘n slaaikop as versiering gebruik.
Doris Crafford het die fyner punte by die maak van droëvrugte lekkers en die bak van ‘n rooifluweelkoek met die lede gedeel. Enige droë vrug kan gebruik word. Die lekkers kan in blokkies gesny of in balletjies gerol word. Die fluweelkoek moet rooi wees – 4 lae en die vulsel moet die koek komplimenteer.
Aangesien dit September boomplantmaand is, het Johanna van Wyk die dames toegespreek oor die ontstaan van boomplantdag en spesifiek verwys na die twee bome van 2014 nl. die Laventel- en Witysterhoutboom.
Kompetisie artikels was soos volg: Jammerlappies gehekel van katoengare, rooifluweelkoeke en die mooiste clivia’s uit die tuin.
Goeie Middag, ek is lid van die Neo-Luna VLU aand tak Carpe Diem Streek Mpumalanga en is regtig ook opsoek na n resep / aanwysings / riglyne in die maak van die ongekookte droevrugtelekkers en sal dit regtig waardeer indien iemand enige inligting met my sal deel asseblief. Ek hou van julle blad en dit lyk of julle lekker bedrywig is. VLU-Groete Elsabe Bosch