Sirkel:  Paarl

Tak:  Slot van die Paarl

Portefeulje:  Kuns en Handvlyt

Beriggewer:  Annalise Loubser

Datum:  2 September 2014

 

 

slot paarl

 

 

Tydens die Kuns en Handvlyt-vergadering het die kreatiwiteit van die lede weer sterk na vore gekom met die hoede-skeppings op die pragtige lentedag.

 

 

slot paarl2

 

 

Pragtige kwilts, skilderye, mosaïeke en ander handvlyt items is uitgestal wat die andersins vaal saal mooi getooi het.

 

 

Liesel Muller van ‘I’m so creative’ het haar handewerk met ons kom deel. Sy maak kaartjies, hergebruik verskeie goed, bv gordynringe, en het twee vroue wat haar ontwerpe hekel en maak. Sy het stalletjies op verskeie markte en brei nou haar kliënte-basis uit deur op die internet ook items te verkoop. Dit is ‘n heel uitdagende nuwe mark, want daar moet gereeld foto’s geneem word van elke nuwe item asook die afmetings. Stagnasie en agteroorsit is nie woorde in hierdie vrou se woordeskat nie. Sy vervaardig selfs boerseep wat die mense gebruik teen vlekke op skoolklere.

 

 

Sy het gelukkig van vroeg reeds besef dat sy in ‘n kreatiewe rigting wil gaan en ‘n beroepskeuse was dus maklik. Sy is een van vele vroue wie se drome uitgevoer worden sy is ‘n inspirasie vir mense wat hulle eie ding wil doen. Hier en daar het die lede van hulle eie drome ook gehoor, maar het hulle al iets daaromtrent gedoen…?!

 

 

Sy het gelukkig van haar produkte saamgebring om te verkoop aan díe wat nie so vaardig met die hand is nie!  Daar sal dus altyd ‘n mark wees vir haar produkte.

 

 

Na ‘n voorlesing van Piet Grobler, terugvoer van die afgelope Kongres in Upington en heerlikke kuier om die teetafel is die lede huistoe met óf gekoopte ware óf idees om iets te gaan maak. Ons lig ons hoed vir die kreatiewes onder ons!