Sirkel: Paarl
Tak: Paarl Aand
Portefeulje: Landbou
Beriggewer: Una Engelbrecht
Datum: 21 Augustus 2014
Elmine Nel van Babylonstoren op die Simondiumpad Franschhoek toe, was die spreker by Paarl Aandtak se Landbouvergadering. Sy het entoesiasties vertel hoe Koos Bekker en sy vrou Karen Roos sedert 2005 gewoel het om van Babylonstoren ‘n pragplek te maak. Tuine is uitgelê, gastesuites is ingerig, ‘n winkel, spa, bakkery, wynkelder, teetuin en nog vele meer is tot stand gebring. Koos sorg dat die Hollandse erfenis van die ou geskiedkundige plaas in stand gehou word, terwyl Karen vir die interieurinkleding sorg.
Vir gaste is die klem hier op “intelligente” reis: daar is altyd iets te leer, iets om mee te maak, baie te ervaar.
Gaan kyk gerus einde September hoe die 6 000 aangeplante clivias blom.
Elmine Nel, Francina van Rhyn, Gerbrecht van Rhyn, Adél du Plessis, Hetta van der Merwe (sameroeper)
Leave A Comment