Sirkel: Weskus
Tak: Citrusdal
Beriggewer: Jolien Mouton
Datum: 13 Augustus 2014
Bongo Nyaba van Pomario Privaatskool in Citrusdal het Goud in die Wes-Bolandse Eisteddfod vir Sang gekry. Hy sing vir ons “Amazing Grace”. Francis Olivier het vir hom die klavierbegeleiding gedoen.
Phoebé van der Merwe, een van ons lede demonstreer aan ons Doemelaklontjies. Ons hoop dat ons lede sommer nou geïnspireerd is vir 2015 se Sirkelkompetisies!
Ons 5-minute praatjie handel oor die regte versorging van jou grasperk. Daar is 4 wenke: sny die gras reg, gee die wortels lug, gee die regte kunsmis en gee jou gras reg water.
Ons sluit die middag af met heerlike tee.
Leave A Comment