Sirkel: Weskus
Tak: Citrusdal
Portefeulje: Kunste en Handvlyt
Beriggewer: Jolien Mouton
Datum: 30 Julie 2014
Ons Juliemaand vergadering is gehou in ons dorp se Museum. Jolanda Basson van die Sandveldhuisie wys vir ons die stringe krale en materiaalblomme wat sy en haar assistent Jandré met die hulp van vroue uit Riverview, ‘n plaaslike plakkerskamp, maak. Die museum is juis die perfekte werkswinkel om hierdie opheffingswerk te doen, omdat dit destyds gebruik is as ‘n gebedskamer vir vroue. Die produkte word meestal aan Kersmarkte verskaf.
Ilse en Marina Latsky
Jolanda Basson
Ilse Oberholzer is ons gasspreker en sy kom demonstreer aan ons haar stokperdjie, piouter. Piouter word gedoen op sagte metaalvelle wat maklik gevorm en gebuig kan word. Piouter kombineer goed met ander metale, hout en glas en kan met verf en krale versier word wat ‘n magdom kreatiewe moontlikhede bied.
Ons sluit die middag af met ‘n heerlike koppie koffie en tee in die Sandveldhuisie se gesellige atmosfeer en bedank Jolanda en Jandré vir hul gasvryheid.
Leave A Comment