Sirkel: Tygerberg
Tak: Goodwood
Portefeulje: Kunste en Handvlyt
Beriggewer: Alet Colyn
Datum : 22 Julie 2014
Tydens Goodwood se Kunstevergadering was Christiaan van der Merwe die spreker asook die vermaaklikheidskunstenaar. Hy is ‘n finalejaar student in Binnenshuise Argitektuur. Hy het o.a. vir ons ‘n video-insetsel oor die geskiedenis van fotografie vertoon. Dit is baie interessant om te weet dat die term “fotografie” in 1839 vir die eerste keer deur Sir John Herschel gebruik is. Aanvanklik het dit 8 ure geduur om ‘n foto te neem en te ontwikkel, maar nadat ontdek is dat mens sout vir die ontwikkeling kan gebruik, was alles binne 30 minute afgehandel.
Wilna Swart (sameroeper) en Christiaan van der Merwe.
Hy wys ook o.a. vir die lede hoe om ‘n goeie foto met ‘n selfoon te neem en vertel ook van die negatiewe en positiewe ruimtes in ‘n foto. Die lede word ook touwys gemaak oor hoe om ‘n foto of tekening te manipuleer (photoshop). Hy wys ook die wêreld se mees gesogte foto’s aan die lede. Hy sluit ‘n baie interessante vergadering af met die sing van drie klassieke werke – wat ‘n mooi stem om na te luister!
Leave A Comment