Sirkel: Worcester
Tak: Bonnievale
Beriggewer: Gesina de Wet
Datum: 18/07/2014
Mandeladag breek spierwit geryp aan en dit voorspel ‘n koue vooroggend. ‘n Groep VLV-vrouens gewapen met gasstowe, panne, voorskote en warm glimlagte gaan poog om die koue in Herfsvreugde te verdryf.
Ons kon sekerlik vanoggend op ‘n ander plek in die gemeenskap die dag gevier het, maar ons dorp is bevoorreg om baie mense en instansies te hê wat betrokke is en oral is mense besig om mnr. Mandela se nalatenskap te vier.
Hier, waar sekerlik baie bevoorregte bejaardes woon, voel dit seker vir baie van hulle soos mnr. Mandela vir baie jare gevoel het. Mense wat ongebonde was, wat ooptes gewoond was, wat eie besluite geneem het, met ‘n elke dag se opstaan en iets werd wees. Hier agter veiligheidshekke en klein kamertjies is dit vir altyd verby.
Petro het darem nie gestaak nie.
Die vrouens met die voorskote se warm pannekoeke, saam met ‘n lekker koppie tee kan dalkies net vir ‘n paar uur die gevoelens verdryf.
Die pannekoek welgeval hulle beslis.
Hoe elkeen van ons nou ook al dink of voel oor mnr. Mandela en sy nalatenskap, maak nie saak. Al wat ek weereens besef het, is dat dit nou ook nie eers saak maak wat ons motiewe is, dat ons nie vandag sou pannekoek gebak het as dit nie vir hom was nie.
‘n Glimlag met ‘n koppie tee na ‘n lekker pannekoek.
Leave A Comment