Sirkel: Weskus
Tak: Graafwater
Portefeulje: Openbare Sake
Beriggewer: Marna Lambrechts
Datum: 1 Julie 2014
Die saamroeper van Openbare Sake, Steffie Maree, aan die woord:
Op Saterdag 2 Mei was Media Vryheidsdag herdenk, reeds 20 jaar. Let wel, nie Persvryheid nie.
Dink hoe dikwels jy van die media gebruik en dit as vanselfsprekend aanvaar: radio, televisie, gedruk, elektroniese media.
Alhoewel ons sê dis vry, is daar wetlike beperkings: laster, pornografie, maar taalmisbruik wel nie.
Verskillende gemeenskappe en groeperings het verskillende behoeftes. Dink aan koerante: Die Burger, Kerkbode, Son, Beeld. Dis nie te sê dat sekere se nuus minderwaardig is nie, dit word net verskillend aangebied.
Jou rekenaar en selfoon is baie persoonlik. Wat jy daarop toelaat is wie jy is en jy het die vryheid om dit te bedryf soos jy wil.
Die media is ‘n magtige wapen. Gebruik en bedryf dit met verantwoordelikheid.
Leave A Comment