Sirkel: Paarl
Tak: Paarl Aandtak
Portefeulje: Opvoeding en Kultuur
Beriggewer: Una Engelbrecht
Datum: 19 Junie 2014
Isabeau Botha, bemarkingshoof van die Afrikaanse taalmuseum en –monument in die Paarl vertel aan die lede van die Paarl Aandtak meer oor die monument op hul dorp, wat volgende jaar 40 jaar oud is – een van die meer as 20 taalmonumente in SA.
Die museum bied opvoedkundige programme aan, bewaar ons erfenis, gee publikasies uit, lei toere, doen navorsing, en vele meer.
By die monument, ontwerp deur argitek Jan van Wyk, is die besoekersentrum en Volksmond-koffiewinkel, speelarea vir kinders, sterrekykaande en volmaanpieknieks baie gewild. Funksies word ook hier aangebied en die area neem in gewildheid toe vir trou-, advertensie- en modefoto’s. Die opennnbare afvuur van ‘n kanon is ‘n nuwigheid waarmee vanjaar begin is.
Stella Mullineux, Margie du Plessis, Una Engelbrecht (sameroeper), Isabeau Botha van die Taalmuseum en -monument, Sura Swart, Tertia Swartz
Leave A Comment