Posted On 21 May 2014
Sirkel: Kalahari
Tak: Vryburg
Portefeulje: Leefstyl / Gesondheid
Beriggewer: Nellie Viljoen
Aanbieder: Rodien Van Zyl
Datum: 20 Mei 2014
Nellie Viljoen, Cecile Brink, Ora Jordaan en Rodien van Zyl was betrokke by die vergadering.
Vryburg VLV het die voorreg gehad om uit eie geledere die fyner kunsies van makrolletjies by Rodien van Zyl te leer.
Makrolletjies (French Macaroons)
150 g versiersuiker
150 g fyngemaalde amandel
60 g + 60 g eierwit (skei reeds die vorige aand)
150 g + 50 g wit suiker
50 ml water
Verhit suikerstroop van 150 g witsuiker en 50 ml water tot 110 ºC.
Plaas 60 g eierwit en 50 g wit suiker in mengbak en klits styf.
Gooi stroop in dun straaltjie terwyl eierwitte styf geklits word en klits verder tot styf.
Sif versiersuiker en fyn amandel saam sodat dit goed gemeng is. Meng 60 g eierwit daarmee en vou styf geklopte eierwitte in (kleursel kan nou bygevoeg word).
Spuit makrolletjies op voorbereide plaat en laat rus vir 15 min (baie belangrik!)
Bak vir 12 min by 140º C en maak oonddeur oop vir verdere 2 min.
Laat weer rus vir 15-30 min en verwyder dan van pan.
Makrolletjies het harde kors met sagte binnekant. Berg in lugdigte houers vir een week. Wees kreatief met die vulsels.
Die stroop word ingeklits.
Makrolletjies word met ‘n spuitsak op die bakplaat gevorm.
Lede leer ook die belangrikheid van selfondersoeke by die voorkoming van borskanker. Indien enige twyfel bestaan, kan ‘n sonar plaaslik gedoen word.
‘n Jaarlikse mammogram word aanbeveel oor 40 jaar, of jonger indien daar ‘n geskiedenis van borskanker in die familie is.
Carien-Mari Brink beklemtoon die belangrikheid van fisiese ontwikkeling vanaf konsepsie tot ongeveer 14 maande. Sy is besig met ‘n kursus by die Mind Moves Institute. Primitiewe reflekse is noodsaaklik vir die ontwikkeling van ruimtelike oriëntasie. Indien kinders fisies stadiger ontwikkel kan probleme deur middel van breinprofiele bepaal word. Sy beveel die boek ‘Speel, leer slim’ van Dr Melodie de Jager aan.
Rodien van Zyl en Carien-Mari Brink.
Leave A Comment