Sirkel: Tygerberg
Tak: Panorama
Portefeulje: Gesondheid
Beriggewer: Darena Anderson
Datum: 8 Mei 2014
Marise Viviers het die Zehra produk aan ons kom voorstel. Dit was baie opvoedkundig en ons het opnuut weer respek vir ons vel gekry. Ons moet ons vel, die enigste wat ons gekry het, mooi bewaar.
Margaret Oosthuizen van St Johns organisasie het vir ons baie insiggewende inligting gegee in verband met hartstilstand tydens bv. hartaanvalle, beroerte of verdrinking. Dit was weereens baie leersaam. ‘n Mens het net die gevoel gekry jy hoop dat wanneer so iets wel sal gebeur met ‘n medemens of ‘n geliefde, jy paraat sal wees om sulke lewegewende prosedure toe te pas. Dit was veral treffend hoe jy moet optree wanneer jy ‘n klein kindjie moet help.
Leave A Comment