Sirkel: Kalahari
Tak: Kuruman
Studierigting: Opvoeding en Kultuur
Beriggewer: Petro Spangenberg
Datum: 7 Mei 2014
Op die vergadering gereël deur Retha-Jane Buys het Ronel du Plessis, bestuurder van die Mimosahof tehuis vir bejaardes op Kuruman, die lede toegspreek oor hierdie belangrike wet. Hier volg ‘n verkorte weergawe van die wet:
DOEL VAN DIE WET
Om die welsyn & veiligheid van ouer persone te bevorder en in stand te hou.
Beskerm die regte van ouer persone.
Vestig ‘n klemverskuiwing van inrigtingsversorging na gemeenskapsgebasseerde dienste – doel is dat bejaarde persone solank as moontlik in die gemeenskap moet woon.
Dit reguleer die registrasie, tot standkoming en bestuur van bejaardesorg dienste.
Die vaslegging & nakoming van minimum norm & standaarde ten opsigte van die fasiliteite sowel as die versorging van ouer persone.
Vaslê van maatreëls vir die bekamping van die mishandeling van ouer persone.
REGTE VAN OUER PERSONE
Onafhanklikheid.
Menswaardigheid.
Respek.
Deelname & selfvervulling.
Veiligheid & sekuriteit.
Sorg.
Fokus op die skuif in bejaardesorg:
Die bejaarde moet in sy eie woning bly solank as moontlik.
Geleenthede moet geskep word dat die bejaarde sy volle potensiaal kan ontwikkel.
Die belangrike rol wat die familie en die gemeenskap speel vir beskerming en ondersteuing aan bejaardes.
Aard & tipe gemeenskapsdienste.
Ronel is net meer as ‘n jaar gelede aangestel vanaf Bloemfontein en sy sorg dat die inwoners gereeld aan uitstappies deelneem. Sy het weer beklemtoon dat bejaardes wat nog vir hulself kan sorg aangemoedig moet word om onafhanklikheid uit te oefen solank as moontlik!
Waar kan ek WET 13 VAN 2006 in Afrikaans kry asselbief?
Goeie dag! Ek wil bitter graag weet wat is die wetgewing i.v.m. installering van kameras. Mag daar kameras in ‘n gesonde persoon se kamer wees en mag daar kameras in ‘n Semi-siekboeg/Siekeboeg se badkamers wees? Baie dankie
Wil ook graag weet dat as my moeder by haar volle positiewe is en ek haar huur betaal, kan ek as kind per brief vir die Ouetehuis in kennis stel dat hulle in vervolg met my moet werk i.v.m. veranderings wat hulle by tehuis wil aanbring of moet ek ‘n prokureursbrief hê?