Sirkel:  Weskus

Tak:  Piketberg

Beriggewer:  Riana Richter

Datum: 7 Mei 2014

 

Lede van VLV Piketberg het vriendinne saamgenooi om laatmiddag op 7 Mei  –  “stemdag” – deel te neem aan “Women walk the World 2014”.  Die jonger dames in die groep het die voortou geneem.  Van suid na noord en oos na wes is die skuins dorp deurkruis, en toe is daar voorgestel dat dit ten minste ‘n kwartaallikse instelling moet word!